|
Conservation at...
Februarie 2007 |
![]() |
en bewaring
|
|
“Ons moet ons aktiwiteite in die wingerd en die kelder bestuur volgens die beste praktyke beskikbaar om sodoende ons impak op die omgewing te verminder”. |
| |||||||||||||||||||||
|
Só het Rooiberg se Direksie ‘n jaar of twee gelede besluit. Ses doelwitte is gestel om respek vir die omgewing ‘n belangrike deel van die Rooiberg - kultuur te maak:
Lidmaatskap
van die BWI (Biodiversiteit- en Wyn Inisiatief) : dit is in November 2005
verwerf Die
saamstel van ‘n Bewaringswerkgroep : hierdie span is al sedert Junie
verlede jaar aktief aan die werk Onderhandel
met grondeienaars van Goreeshoogte tot by Nuy om die wenslikheid van ‘n
Bewarea te ondersoek : Die Rooiberg-Breederivier Bewarea word op 17
Februarie formeel geloods Die
daarstel van ‘n afvalwater - projek by die kelder : dit is reeds in
werking
Bydra tot
die beskerming van die habitat van bedreigde diere : sien die artikel
hieronder oor die African Dawn wynreeks Betrek die jeug by bewaring : lees die berig verder aan oor die opwindende projek vir leerders deur Rooiberg en CapeNature |
|
| ||||||||||||||||||||
| Die G-R-O-O-T nuus! |
|
Na etlike vergaderings oor die afgelope paar maande word die
ideaal van ‘n Bewarea vir die Groter Rooiberg gebied op 17 Februarie
‘n werklikheid. Rooiberg Kelder het saam met ons buurman, Graham Beck
Wines en hul energieke Mossie Basson, gewerk om dinge aan die gang te kry. In die volgende uitgawe van die Nuusbrief vertel ons meer oor hoe wyd die bewarea - gebied gaan strek, wat ‘n bewarea vir almal beteken en watter projekte aangepak gaan word. |
||
|
Biodiversiteit het binne ‘n baie kort tydsbestek ‘n sleutelwoord in die wynbedryf geword. Gaan kyk gerus na http://www.biodiversity-wine.co.za/ en vind uit hoe Rooiberg Kelder daarmee woel! |
|
Iets oor aardverwarming Ons gaan in die toekoms nog sommer baie
meer hoor oor die impak van aardverwarming.
Hier is twee dinge wat jy kan doen om meer daarvan te wete te kom: Gaan kyk gerus na Al Gore se dokumentêre fliek of boek “An inconvenient truth”
|
||
|
|
African Dawn and Rooiberg
|
|
SAIAB …??? SAIAB (SA Instituut vir
Akwatiese Biodiversiteit) is die nuwe naam vir die vorige JLB Smith
Instituut vir Visnavorsing in Grahamstad. Rooiberg Kelder het ‘n
ooreenkoms met die Instituut om hulle by te staan met navorsing oor
varswatervisse in hierdie omgewing. Rooiberg verskaf ook al die wyn vir
die amptelike opening op 23 Maart van SAIAB se nuwe gebou van etlike
miljoene rand waar die spesies - versameling gehuisves sal word. Verder word ‘n wynreeks beoog wat bekende vissoorte soos die Selekant en die Rooivlerkie van ons kontrei sal uitbeeld.
|
Biodiversiteit uitstalling – wie kan help? Binnekort gaan daar in die
proelokaal by Rooiberg ‘n uitstalling open wat besoekers ‘n smakie sal gee
van die ongelooflike diversiteit van flora en fauna in ons kontrei. Dit sal baie op prys gestel word indien u dalk items het wat u goedgunstiglik vir ‘n kort tydperk vir hierdie uitstalling kan leen. Ons dink aan enigiets wat besoekers nader aan die natuur kan bring! Kontak asseblief vir Johan van Zijl by (023) 6251 593 as u kan help. Baie dankie!
|
|
Nuwe plantspesies ontdek... Daar is onlangs ‘n hele paar nuwe plantspesies in die Rooiberg - omgewing ontdek Volgende
keer vertel ons meer oor hierdie opwindende vondse!
|
|
Bergklub van SA bestyg Rooiberg In November het
die Bergklub van SA ‘n draai by Rooiberg Kelder kom maak voor hulle die
berg met dieselfde naam aangedurf het. Hulle het elkeen ‘n inligtingstuk
oor Rooiberg Kelder se bewaringsinslag gekry en ‘n muskadelletjie om die
uitstappie aan die einde van die dag mee af te sluit. Later vanjaar kom die Bergklub weer en hulle nooi alle Rooiberg lede om saam met hulle tot bo-op die kruin te stap. Wié gaan almal saam? Hou hier dop vir meer besonderhede! |
| |
Rooiberg & CapeNature join hands to introduce youngsters to conservation
The place: Vrolijkheid
Nature Reserve near Robertson. And the event? A joint
venture between Rooiberg Winery and Cape Nature to introduce young people
to the wonders of nature and the magic of biodiversity. Some 30 kids from Vinkrivier Primary School, next to Rooiberg Winery, travelled to the reserve in the giant CapeNature truck. On arrival, after some
refreshments, they had a brief talk on how and why one should respect
nature. Cape Nature's Piet van Zyl and young conservationists Following a visit to the Information Centre at the entrance to the reserve, they embarked on their adventure into the veld along the Heron Trail. Groups of about six learners
each walked (no running allowed!) under the care of the experienced game
guards. Every child had a worksheet
and they had to learn to be observant in order to respond to all the
questions. A visit to the bird hides
concluded the walk and a light lunch ended the day. The teachers loved this pilot project and the goal of Rooiberg Winery now is to extend the project to other rural schools as part of their commitment to the Biodiversity and Wine Initiative. |
||
|
What can I do on my farm? Good land and waste management practices can encourage an increase in biodiversity elements. Here are
ten activities that all Rooiberg Winery landowners are now encouraged to
follow: Have a conservation
management plan for the farm Assist with environmental education activities for farm workers Plant indigenous species for cover crops, windbreaks, at the end of vineyard rows and in the gardens Use innovative ‘animal-friendly’ methods to deter problem animals such as ‘badger-friendly’ beehives and electric fencing for buck and baboons Commitment to the creation of green linkages (corridors), e.g. widening of buffer zones along rivers, or around wetlands through habitat restoration with indigenous vegetation of stream banks and river corridors During vineyard layout and especially with replanting of existing vineyards, allow for buffers and corridors Vineyard water management: All water uses such as dams and boreholes should be registered and accurately monitored. Water consumption can be reduced through practices such as drip irrigation and soil moisture measurements Re-establish indigenous habitat patches on unfarmed areas such as road verges, around dams, disused vineyards as well as re-establishment of aquatic habitat for fish and water birds Reduce solid waste by recycling of the following materials: glass, paper, metal, plastic, cardboard, natural cork. Recycling containers to be placed on farms Rehabilitate erosion scars and dongas |
If you do not wish to receive further newsletters please Click Here and type 'Unsubscribe' in the subject line.